Deursoek die werf

Tuis
Die Gesondheidgesin
Sunday, 24 September 2006

 

DIE GESONDHEIDSGESIN 

Baie dankie vir jou besoek. My naam is Jan en die liefde in my lewe is Juanita.

Ons het ontdek dat die Evangelie vir die hele mens, liggaam, siel en gees, bedoel is.

Aangesien ons liggame nie net die tydelike aardse woonplek van ons gees is nie, maar ook deur die Allerhoogste bewoon word by diegene wat Hom dien, is dit belangrik dat ons dit goed versorg en gesond hou.

Indien jy dus op soek is na daardie gebalanseerde "gesonde leefstyl"  help ons jou graag. As jy oorgewig is, en "diet" (of dieet) al vir jou 'n lelike woord geword het, wil ons jou ook graag help om volhoubaar te verslank.

Dit gaan egter vir ons oor veel meer as net verslanking en gesondheid.

Ons wil jou graag as volledige mens bedien. Die liggaamlike, emosionele, geestelike en psigiese, ja alle aspekte van mens-wees is belangrik. Sodra jy balans in al hierdie fasette van jou lewe kry, sal oorgewig en ander fisiese probleme ook onder beheer kom.    

 

 

Laaste opdatering ( Monday, 30 January 2012 )
Lees meer...
 
Maak oefening 'n plesier
Saturday, 11 November 2006

 

Oefening hoef nie 'n pyn te wees nie 

Oefening kan wonders doen vir jou gewig, spierkrag, uithouvermoë, beensterkte, soepelheid, produktiwiteit en algemene gesondheid. 

Die sleutel is verskeidenheid, balans en matigheid. Pas jou oefenprogram by jou behoeftes en geaardheid aan sodat dit vir jou 'n plesier is en nie 'n oorlas nie.  

 

Laaste opdatering ( Monday, 06 February 2012 )
Lees meer...
 
© 2012 Verslank Net - Dieet as Basis vir Slankheid en Gesondheid
Joomla! oppiWeb is Gratis Sagteware onder die GNU/GPL Lisensie.