|
Wednesday, 12 May 2004 |
|
Hoë Bloedsuiker / Diabetes
Vraag:
Ek ly aan hoë bloedsuiker, is oorgewig, het wonde wat nie genees nie. Wat kan ek doen om die probleem beter te bestuur?
Antwoord:
Die enkele belangrikste saak waaraan jy aandag moet gee om hierdie probleem onder die knie te kry is om gewig te verloor.
Daar is nie kort paadjies hiervoor nie. Dit beteken 'n lewenslange verbintenis om gesond en gebalanseerd te eet.
Dit kan makliker en draagliker wees as wat jy dink. Die eetplanne op hierdie webblad is nie net wetenskaplik uitgewerk om vir jou 'n goeie, gebalanseerde manier van eet aan te leer nie, dit neem ook jou en jou gesin se behoefte om LEKKER TE KAN EET in aanmerking. Dit bevat bederfies, verskeidenheid en interessanthede.
Daar is ook 'n aantal doeltreffende hulpprodukte wat jou korttermyn kan help om die wonde se genesing te bevorder en langtermyn jou insulienafhanklikheid te verminder en jou lewenskwaliteit te verbeter. Klik asb. by "Kontak" en vra as jy meer wil weet oor sulke hulpprodukte.
|
|
Laaste opdatering ( Tuesday, 12 August 2008 )
|