Deursoek die werf

Tuis
Oefening PDF Druk Epos
Saturday, 11 November 2006

OEFENING

Oefening kan wonders vir jou doen.

Die sleutel is verskeidenheid, balans en matigheid.

Verskeidenheid: Kies soveel oefenaktiwiteite as wat jy geniet. Dan hoef dit nie ‘n pyn te wees om dit by jou lewenstyl in te pas nie.

Balans: Verskillende oefeninge bied verskillende voordele. Dit is belangrik om jou oefenpatroon te varieer. Oefening moet kardiovaskulêre uithouvermoë, spierkrag, beensterkte en soepelheid bou. Jou keuses kan byvoorbeeld flink stap, trappe op- en afklim, fietsry, swem, dans, tennis, aërobie, gholf, muurbal of ‘n oefenfiets insluit.

Matigheid: Oefen om fiks te bly sonder om dit te oordoen. Die goeie nuus is dat jy nie elke dag ‘n uitputtende roetine hoef te volg nie. Aanbevelings varieer, maar ‘n goeie algemene riglyn is 30 minute van matige oefening op die meeste dae van die week.

 

Opsommend: Oefen 30 minute per dag op die meeste dae. Kombineer dit met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat jy geniet.

Let daarop dat oefening meer energie en hitte genereer omdat voedsel vinniger verbrand word. Hierdie proses skei gifstowwe af, soos die rook van 'n vuur. Die liggaam benodig meer anti-oksidante as wat die normale, moderne dieet kan verskaf om hierdie gifstowwe te neutraliseer. 'n Sinvolle, gebalanseerde program van voedselaanvulling is 'n wyse belegging in langtermyn gesondheid. 

Ons sal jou graag help met inligting oor veilige en doeltreffende hulpprodukte vir jou verslankingsprogram, om jou te help om jou gewig te beheer, jou immuniteit te verbeter en vir meer energie. Klik hier Die eposadres is teen spam-bots beskerm, U het Javascript nodig om dit weer te gee   en laat weet waarmee ons kan help.  

Laaste opdatering ( Monday, 31 December 2007 )
 
< Vorige
© 2010 Verslank Net - Dieet as Basis vir Slankheid en Gesondheid
Joomla! oppiWeb is Gratis Sagteware onder die GNU/GPL Lisensie.