|
Geskryf deur Administrasie
|
|
Sunday, 24 September 2006 |
DIE GESONDHEIDSGESIN
Dankie dat jy ons webwerf besoek. Ek is Jan en die liefde in my lewe is Jua. Indien jy op soek is na daardie "gesonde leefstyl " help ons jou graag. As jy oorgewig is, en "dieet" al vir jou 'n lelike woord geword het, wil ons jou ook graag help om volhoubaar te verslank.
Gewig, goeie gesondheid en lewenskwaliteit is onlosmaklik aan mekaar verbonde. Dit, tesame met geestelike en emosionele welsyn, vorm die grondslag vir 'n gelukkige en voorspoedige totale mens-wees.
Uiteindelik besef ons dat die Evangelie en die beloftes van alles in oorvoed wat daarmee saamgaan, vir die hele mens bedoel is. Ons Skepper se bedoeling is dat Sy kinders nie net geestelik nie maar ook fisies, verstandelik, emosioneel en psigies gelukig en gesond moet wees.
"GESONDE LEEFSTYL" EERDER AS "DIEET" of "GEWIGBEHEER"
Oorgewig is 'n reuse probleem in ons samelewing.
Die term "Verslank" bring uiteenlopende persepsies en emosies na vore. Aangesien alle mense nie eenders gebou is nie, behoort die klem egter eerder ter wille van goeie gesondheid op afmetings en op 'n "gesonde leefstyl" as op "dieet" of "verslanking" en "oorgewig" te val.
Baie van ons is huiwerig om ons oorgewig status te erken.
Die probleem strek egter baie verder as wat oor die algemeen besef word: oorgewigprobleme verrineweer verhoudings, gesinne, selfbeeld, gesondheid en lewenskwaliteit.
Daarom is dit belangrik om die saak holisties te benader. Aandag moet eerder aan gesondheid en 'n gesonde leefstyl as aan voorkoms en oorgewig gegee word. Tekortkominge by al die fasette van mens-wees wat op gesondheid 'n invloed uitoefen moet sinvol aangespreek word. As dit gebeur sal gewig, of eerder afmetings, gewoonlik self regkom.
Die inligting in hierdie webwerf kan jou lewe verander omdat dit jou kan help om jou afmetings op 'n veilige en doeltreffende wyse te beheer deur sinvolle keuse te maak wat met 'n gesonde leefstyl verband hou.
GRATIS NUUSBRIEF
Teken in op ons gratis weeklikse nuusbrief oor "hoe om gesondheid, lewenskwaliteit en vitaliteit te verbeter en verslanking te ervaar deur veilige, wetenskaplik-beproefde natuurlike metodes en hulpmiddels te gebruik en om ‘n passiewe inkomste te genereer deur jou familie en vriende te vertel van die suksesse wat jy behaal."
Stuur 'n e-pos via die "Kontak" skakel met net die woord "Nuusbrief" as opskrif. Alternatiewelik kan jy aanteken vir toegang tot die eetplanne, dan ontvang jy outomaties die nuusbriewe.
Die voordele van 'n gesonde leefstyl is:
-
'n gesonde, aantreklike liggaam
-
normale gewig vir jou liggaamstipe
-
versterkte immuniteit
-
minder afhanklikheid van medikasie
-
goeie energievlakke
-
'n gereguleerde metabolisme
-
'n sinvolle verhoudingslewe
-
'n positiewe en gelukkige lewensuitkyk
- onnodigheid om afskeep-diete te volg
|
|
Laaste opdatering ( Sunday, 05 September 2010 )
|
|
Lees meer...
|